Spraakterapie

Spraakterapeute is opgelei om met kinders te werk wat spraakverwante afwykings het. Spraakterapie speel ‘n belangrike rol in die holistiese ontwikkeling van ‘n kind. Die hoof doel van terapie is om’n kind se algehele kommunikasie en sosiale vaardighede te verbeter en stel ‘n kind in staat om in hulle daaglikse lewe te kan funksioneer.