WELKOM BY Lettie Fouché skool

Ons strewe daarna om aan elke leerder die geleentheid te bied om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel

Ons geskiedenis

Op 20 November 1953 plaas ‘n Joodse dame van Bloemfontein ‘n beriggie in ‘n plaaslike koerant naamlik “Enige ouer met ‘n verstandelik gestremde kind, moet in verbinding tree met Mev. Edelstein”.

‘n Paar ouers het op die versoek gereageer en 8 kinders het hulle opwagting gemaak.

Oor die jare het Lettie Fouché gegroei van krag tot krag.

Ons Visie

Om elke leerder se potentiaal te bereik!

Addisionele dienste

Maatskaplike dienste

Die skool beskik oor ‘n voltydse maatskaplike werker wat ondersteuningsdienste lewer aan leerders.

Fisioterapie

Lettie Fouché-skool beskik oor van die beste fisioterapie fasiliteite in die Vrystaat.

Spraakterapie

Spraakterapeute is opgelei om met kinders te werk wat spraakverwante afwykings het

Arbeidsterapie

Die Arbeidsterapeute maak gebruik van wetenskaplik-gebaseerde, betekenisvolle aktiwiteite

Kliniek

Lettie Fouchè Skool beskik oor ‘n Primêre gesondheid sorg kliniek wat hanteer word deur ‘n geregistreerde verpleegkundige

PROJEKTE 2026

Bingo 06 Maart 2026

Manne-aand 29 Mei 2026

Fun-Run - 13 Junie 2026

Skietdag - 19 September 2026

Gholf dag

Huur ons Lapa

Lettie Fouché-Lapa is baie gewild in Bloemfontein vir troues, konferensies en enige ander funksie. Kyk gerus wat ons bied.