Ons doen werklik moeite om die tariewe so laag as moontlik te hou en vra dat u die verhoging ook in dié lig sal sien. Vergeleke met ander skole is ons tariewe baie laag en daarom doen ons ‘n beroep op u om getrou en betaal. Ons hou die bussie- en losies-gelde dieselfde as verlede jaar, dit is net die skoolfonds wat verhoog het.
R880.00 per maand
Alle gelde is vooruitbetaalbaar per jaar, maar om u as ouer tegemoet te kom, kan u die gelde ook per kwartaal of per maand betaal. Die betalings opsie wat u kies sal deurlopend vir die jaar 2026 wees, dit wil sê maandeliks of kwartaalliks.
Indien u finansiële probleme ondervind, wil ons u weer eens uitnooi om met Mev. Marieka Muller reëlings te tref i.v.m. die betaling. Indien ons niks van u hoor nie, neem ons aan dat u wel kan betaal en verwag ons om ‘n gereelde betaling te ontvang. Indien u verkies om maandeliks te betaal, word u versoek om die geld vóór die 7de van elke maand te betaal, want as dit nie betaal is nie, sal u kind bv. nie met die bussie mag ry nie, wat sal meebring dat u self u kind by die skool moet besorg en ook weer kom haal.
ABSA Bank
Tjekrekening
Rekening no.: 470-493-534
Takkode: 632-005
Verw. Voorletter & Van (Kind)