arbeidsterapie

Die Arbeidsterapeute maak gebruik van wetenskaplik-gebaseerde, betekenisvolle aktiwiteite om, in samewerking met die ander multi-dissiplinêre spanlede, die leerders van die skool se potensiaal maksimaal te ontwikkel op die volgende gebiede: Skolastiese Funksionering, Werkvoorbereiding, Spel, Rekreasie, Persoonlike Onafhanklikheid, Sosiale vaardighede.  Die aktiwiteite fokus sterk op sensoriese integrasie, fyn-motoriese ontwikkeling, handvaardigheid en werksvoorbereiding.

Daar is huidiglik 2 Arbeidsterapeute werksaam by die Skool. Leerders word in groepe, sowel as individueel assesseer en behandel.