maatskaplike dienste

Die skool beskik oor ‘n voltydse maatskaplike werker wat ondersteuningsdienste lewer aan leerders. Indien ‘n leerder enige psigososiale probleme ervaar, evalueer die maatskaplike werker die omstandighede en word elke leerder se unieke situasie dienooreenkomstig hanteer.

 

Die maatskaplike werker vorm deel van ‘n multiprofessionele span wat bestaan uit die skool se Bestuurspan, Mediese dienste, Arbeids- asook Fisioterapie. Multiprofessionele vergaderings geskied op ‘n gereelde basis en verseker dat hulpverlening aan leerders vanuit ‘n holistiese benadering geskied asook dat daar in elke kind se beste belang opgetree word.