Kliniek

Lettie Fouchè Skool beskik oor ‘n Primêre gesondheid sorg kliniek wat hanteer word deur ‘n geregistreerde verpleegkundige en ‘n stafverpleegster in samewerking met die ander multi- dissiplinêre span.

Primêre gesondheidsorg sluit die hantering van daaglikse ongesteldhede, noodgevalle en verwysings in.

Die koshuis leerders wat medikasie gebruik word gekontroleer en dagskoliere wat medikasie gebruik, word gekontroleer en probleme word hanteer en verwys indien nodig.

Koshuis leerders word ook gehelp met opvolg besoeke by dokters en klinieke. Voorligting aan leerders word op ‘n daaglikse basis gedoen.