Oortreding Graad van oortreding en Straf

A. Rook Ernstige Oortredings.

Vir elke oortreding:

  • 1 week se pouses in afsondering
  • Stel ouers in kennis (laat leerder self vertel)
  • Afneem van bewyse

Indien ‘n selfde oortreding hom herhaal sal die dissiplinêre kommitee dit verder hanteer.

B. Gebruik of besit van dwelms of alkohol
C. Skool verlaat sonder toestemming (wegloop)
D. Diefstal
E. Seksuele misdrywe
F. Vandalisme
G. Wapens
H. Pornografiese materiaal
I. Beskadiging van eiendom
J. Selfone

Disrespek / Onbeskof Redelik Ernstige Oortredings

Vir elke oortreding:

  • 2 dae se pouses in afsondering.
  • Afneem van bewyse.

Indien ‘n selfde oortreding hom ‘n derde keer herhaal sal die dissiplinêre kommitee dit verder hanteer.

  • Vryery.
  • Baklei (afknou).
  • Terg.
  • Intimideer.
  • Boelie.
  • “Slip” klas of aktiwiteite.
  • Leuens vertel.
  • Uitdagende houding.
  • Inbesit van sigarette en aanstekers.
  • Rondloop Minder Ernstige Oortredings.

Vir elke oortreding:

  • Na 3 oortredings, 2 dae se pouses in afsondering

Indien ‘n selfde oortreding hom ‘n vyfde keer herhaal sal die dissiplinêre kommitee dit verder hanteer.

  • Speelgoed (elektries/battery aangedrewe)
  • Kleredrag
  • Rommelstrooi
  • Kougom
  • Ongehoorsaam
  • Vuitaal
  • Persoonlike netheid
  • Ruiltransaksies
  • Tantrums – (Sit op leerder of plaas in afsondering in klas tot uitgewoed)

Positiewe Gedrag Beloning vir Positiewe Gedrag

  • Tel papiere op Vir positiewe gedrag: Indien 5 punte verwerf, ontvang leerder ‘n sertifikaat en iets lekker.Indien 10 punte verwerf, ontvang leerder ‘n balkie wat hy/sy mag dra en iets lekker.Indien 15 punte verwerf mag leerder met gewone klere skool toe kom vir ‘n week.
  • Doen ekstra take
  • Help onderwyser
  • Hulpverlening aan mede leerders
  • Eerlikheid
  • Beleefd

Alle oortredings moet aangeteken word.

Geen kind mag uit klas gestuur word vir sy/haar optrede. Moet in klas hanteer word.

Leerder moet saam met dissiplinevorm na Mnr. Lappies gebring word indien hy moet optree.

Indien die oortreding gereeld voorkom sal die dissiplinêre-komitee verdere stappe neem. (SMT en betrokke onderwyser)

Teken detensie datums aan in dissipline boek by Mnr. Lappies.