Trotse Media Borg
Lettie Fouche Skool is ‘n skool vir verstandelik erggestremde leerders met ongeveer 270 leerders en ons werk met veelvuldige gestremdhede/sindrome
Die volgende programme word aangebied op ‘n baie praktiese wyse, nl. motorwas, interpreneurskap, naaldwerk, verbruikerstudie, klerklike werk, klasassistente, tuiniers, sekuriteitswerk, rekenaarvaardighede, naelversorging, haarwasopleiding, ens.
Die skool het 4 klasse vir leerders met outisme. Hulle word op ‘n visuele, sensoriese wyse met baie liefde, struktuur en roetine benader. Ons poog deurgaans daarna om ‘n “veilige hawe” vir een en elk van die kinders in die skool te skep, binne elke leerder se unieke behoeftes/vermoëns.