Trotse Media Borg
Lettie Fouché-skool het tans 2 fisioterapeute in diens. Leerders met
ontwikkelingsagterstande en/of ander fisieke gestremdhede ontvang
neuro-ontwikkelingsterapie op ‘n individuele basis. Hierdie leerders
word ge-evalueer en ‘n persoonlike behandelingsplan word vir elke
leerder uitgewerk. Aspekte wat aangespreek word sluit byvoorbeeld die
volgende in: balans, spierkrag, gewrigstabiliteit, gewrigsmobiliteit,
spierlengtes, uithouvermoë en funksionaliteit.
Die fisioterapeute bied ook groepklasse aan om die jonger leerder se
groot motoriese vaardighede te bevorder, bv. ‘n balleklas, rondtebaan,
hoepelklas, hindernisbaan, ens.
Die terapeute het ‘n motoriese
ontwikkelingsprogram vir die skool uitgewerk wat deur die
onderwyspersoneel gebruik word om weekliks motoriese aktiwiteite met die
leerders te doen. Motoriese ontwikkeling is ‘n belangrike aspek wat
deur die Departement van Onderwys vereis word en deel uitmaak van die
nasionale kurrikulum.
Lettie Fouché-skool spog met ‘n splinternuwe fisioterapie-lokaal wat einde 2011 voltooi is. Die lokaal bestaan uit ‘n kantoor, stoor, toiletgeriewe, 2 groot terapie areas en ‘n gimnasium. Die nuwe lokaal is goed toegerus en stel die terapeute in staat om ‘n uiters effektiewe diens aan die leerders te bied.